Hoe om jou woordvorming (artikulasie) te verbeter



Hier is 'n stukkie raad wat vir my persoonlik baie beteken het: Toe ek drama-eksamen afgelê het, het die aktrise, Lizz Meiring my beoordeel. Sy het vir my gesê ek moet werk aan my woordvorming, en toe gee sy die volgende raad oor HOE om dit prakties te verbeter:




Redenaarstoespraak aanbieding
Sy het gesê ek moet 'n derde of 'n kwart van 'n kurkprop afsny en dit tussen my voortande sit wanneer ek my dialoog oefen. Die stuk kurkprop dwing jou om jou woorde baie bewustelik te vorm. Wanneer jy die kurkprop uithaal hoor jy 'n groot verbetering in jou uitspraak. Dit voel regtig onnosel, maar oefen afwisselend met die kurkprop, en dan weer daarsonder: Dit het vir my baie goed gewerk! Dankie Lizz!