Raakpraat Redenaars Toesprake - Bestel Blitsvinnig!

Raakpraat Redenaars Toesprake

Toesprake word volgens die beoordeelstaatriglyne van die ATKV geskryf.

Om jou Raakpraat-toespraak aan te vra, gebruik die Aanlyn-bestelvorm:

Bestelvorm vir ATKV 2015 Temas

Bestelvorm vir toesprake onder ATKV 2014 Temas.

Bestellings word nie telefonies gedoen nie, maar jy kan Raakpraat Redenaars skakel by 076 478 2536

Lees gerus die voorbeeld van 'n tipiese Raakpraat Redenaars toespraak om seker te maak jy is tevrede met die styl wat jy kan verwag.

Hoekom is jou keuse van die regte toespraak so belangrik? As jy na die ATKV beoordeelstaat kyk - dan sien jy dat die beoordeling uit 'n totaal van 50 punte tel.

Hiervan tel 20 punte vir die redenaar se aanbieding van die toespraak.

Die ander 30 punte (meer as die helfte van die totaal) tel vir die toespraak se inhoud en die tegniese vereistes waaraan dit moet voldoen. Met die keuse van 'n toespraak kan jy jou kind dus die voorsprong gee, of hom in die voet skiet - nog voordat hy sy mond oopmaak om te praat!

Die hoërskool totaal tel uit 100.

35 punte vir die lewering en 65 punte vir die toespraak!

Kleur-illustrasies prikkel jou geheue! En elke toespraak is ook ingedeel in kleure sodat jy kan weet of jy met die inleiding, 'n argument of samevatting besig is – en sodat jy die struktuur van 'n toespraak kan leer verstaan vir wanneer jy later onvoorbereide toesprake moet lewer.

LW: die ATKV vereis wel 3 bronaanhalings, maar net 2-4 argumente: Ek gebruik baie maal 2 argumente, om binne die tydsbeperking meer ruimte te vind vir aspekte soos humor, spitsvondigheid, eie opinie, logiese redenering, kreatiewe en beeldryke taalgebruik, ens.


Vir 'n toespraak wat jy met selfvertroue kan aanbied: Gryp die geleentheid aan! Van sleutelargumente tot slotopmerking ontsluit die regte toespraak jou gehoor en skuif die gordyn oop op 'n blink toekoms!

ALLEENREG: Moenie in 'n duur verleentheid beland nie: Ander skrywers op die web gee jou so min as een maand alleenreg op 'n toespraak wat "spesiaal vir jou" geskryf word. (Doen navraag!) Raakpraat Redenaars gee jou vir die res van die betrokke skooljaar alleenreg op jou toespraak - en jy kry 'n Alleenregsertifikaat!



ATKV Temas vir 2015 Redenaarstoesprake

GRAAD 1 tot 3


Lekker is net 'n vinger lank - toespraak
1. Lekker is net 'n vinger lank.
Een vrot appel steek al die ander aan - toespraak
2. Een vrot appel steek al die ander aan.

Kinders moet gesien word, maar nie gehoor word nie - toespraak
3. Kinders moet gesien word, maar nie gehoor word nie.

Oos, Wes, Tuis, Bes - toespraak
4. Oos, Wes, Tuis, Bes ...

Met grysheid kom wysheid - toespraak
5. Met grysheid kom wysheid



GRAAD 4 tot 5 


1. Liewer bang Jan as dooie Jan - toespraak
1. Liewer bang Jan as dooie Jan.
2. Een swaeltjie maak nog nie 'n somer nie - toespraak
2. Een swaeltjie maak nog nie 'n somer nie.
3. Blaffende honde byt nie - toespraak
3. Blaffende honde byt nie.
Buig die boompie solank hy jonk is - toespraak
4. Buig die boompie solank hy jonk is.
Die een hand was die ander - toespraak
5. Die een hand was die ander.


GRAAD 6 tot 7


Te veel hooi op jou vurk hê - toespraak
1. Te veel hooi op jou vurk hê.

As dit pap reën, moet jy skep - toespraak
2. As dit pap reën, moet jy skep.

Elke dassie prys sy eie kwassie - toespraak
3. Elke dassie prys sy eie kwassie.

Geld wat stom is, maak reg wat krom is - toespraak
4. Geld wat stom is, maak reg wat krom is.

'n Boom gooi altyd 'n skaduwee - toespraak
5. 'n Boom gooi altyd 'n skaduwee.



GRAAD 8 tot 9


Skoenmaker, hou jou by jou lees - toespraak
1. Skoenmaker, hou jou by jou lees.
Klein baas beter as groot kneg - toespraak
2. Klein baas beter as groot kneg.
Baie honde is 'n haas se dood - toespraak
3. Baie honde is 'n haas se dood. 
Bloed uit 'n klip tap - toespraak
4. Bloed uit 'n klip tap.
Met jou hoed in die hand kom jy deur die hele land - toespraak
5. Met jou hoed in die hand kom jy deur die hele land. 


GRAAD 10 tot 12


Dis die hand wat die wieg skommel wat die wêreld regeer - toespraak
1. Dis die hand wat die wieg skommel wat die wêreld regeer.
As die klou uitsteek, is die leeu daaragter - toespraak
2. As die klou uitsteek, is die leeu daaragter.
Waar die aas is, vergader die arende/aasvoëls - toespraak
3. Waar die aas is, vergader die arende/aasvoëls.
Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie - toespraak
4. Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie.
Volstruispolitiek - toespraak
5. Volstruispolitiek


Voorgeskrewe lengte van ATKV toesprake:

Graad 1-3 en Gr.4-5 se lengte is 2-4 minute.

Graad 6-7 toesprake moet 4-5 minute lank wees.

Hoërskooltoesprake is 5-7 minute lank.

Struktuur:

Om te kyk na 'n kort video wat die struktuur van 'n goeie toespraak vir jou illustreer, kliek op die volgende skakel: Struktuur van 'n Redenaarstoespraak