2019 Ererol vir redenaars wat Raak Praat (Bladsy 6)

Nicole Beere, Gr.3, L/s Orion, Alberton doen dit weer! Sy behaal GOUD en kry 90% by die Albertonse Kunswedstryd, nadat sy vroeër ook GOUD gekry het met 86% by "Con Spirito"-redenaarskompetisie met die aanbieding van haar toespraak onder die ATKV-2019-tema "JOK"!

Unicka Bothma, Gr.8, H/s Schweizer-Reneke praat haar weg oop tot in die ATKV Semi-finaal 2019! Ons hou jou vol verwagting dop, Unicka!
Unicka Bothma, Gr.8, H/s Schweizer-Reneke praat haar weg oop tot in die ATKV Semi-finaal 2019! Ons hou jou vol verwagting dop, Unicka!

Nicholis Stoltz praat vanjaar weereens raak met sy Raakpraat Toespraak en blink uit as die Graad 6 WENNER by L/s Oosterkruin, JHB! Mooi so, Nicholis!!
Nicholis Stoltz praat vanjaar weereens raak met sy Raakpraat Toespraak en blink uit as die Graad 6 WENNER by L/s Oosterkruin, JHB! Mooi so, Nicholis!!

Raakpraat-Redenaars is baie trots op klein Katelyn Henrico wat by L/s Voorpos, Pretoria as Graad wenner vir Graad 2 uitblink met die aanbieding van haar redenaarstoesprakie!
Raakpraat-Redenaars is baie trots op klein Katelyn Henrico wat by L/s Voorpos, Pretoria as Graad wenner vir Graad 2 uitblink met die aanbieding van haar redenaarstoesprakie!

Kiara Smal, Gr.6 kry 3de plek met die aanbieding van haar redenaarstoespraak by Laerskool Boerefort, Pretoria!
Kiara Smal, Gr.6 kry 3de plek met die aanbieding van haar redenaarstoespraak by Laerskool Boerefort, Pretoria!

Baie Geluk aan Christel Geldenhuys met die puik aanbieding van haar redenaarstoespraak, onder die ATKV-tema, DROOM! Sy het baie groot sukses behaal deur 1ste te kom by Curro Kathu en kwalifiseer vir deelname aan ATKV-redenaars-2019! Mooi Christel!!

Baie geluk aan Kayleigh van Niekerk met haar GROOT prestasie as Graad-Wenner, Item-Wenner én ALGEHELE Wenner by Laerskool Brentwoodpark, Benoni!
Baie geluk aan Kayleigh van Niekerk met haar GROOT prestasie as Graad-Wenner, Item-Wenner én ALGEHELE Wenner by Laerskool Brentwoodpark, Benoni!

Baie geluk ook aan:

Emma Meiring, Gr.2 wat by Muldersdrif L/s uitgeblink het en deur is na die ATKV-uitdunne!

Willie Taljaardt, Gr.5 wat 2de plek behaal het by H/s Reitz, en daarmee deur is na die ATKV!

Hermione van Zyl, Gr.9 wat haar pad oop gepraat het na die ATKV-uitdunne by Hoërskool Suid-Natal, Port Shepstone!

Chanel Cilliers in Graad Een het tweede gekom by L/s Bredell, Kemptonpark!

Jayden Barker, Gr.3 skitter met die aanbieding van sy redenaarstoesprakie by L/s Helderkruin, Roodepoort en dring deur na die 2019-ATKV-uitdunrondtes!

Brendan Rutherford, Gr.5, L/s Mariepskop, Hoedspruit is deur na die ATKV-uitdunne!

Nina Hay, Gr.6, L/s Garsfontein, Pretoria behaal 85% met die aanbieding van haar redenaarstoespraak!

Ook Markus Hay, Gr.10, Afrikaans Hoër Seunskool Pretoria kry 85% vir die lewering van sy redenaars!

Andrea Moolman, Gr.6, L/s Sannieshof dring deur na die ATKV-uitdunne met die oortuigende aanbieding van haar redenaarstoespraak onder die ATKV-2019-tema, "VREES".

Nicole Beere, Gr.3, L/s Orion, Alberton behaal GOUD en kry 86% by "Con Spirito"-redenaarskompetisie met die aanbieding van haar toespraak onder die ATKV-2019 tema "JOK"!
Nicole Beere, Gr.3, L/s Orion, Alberton behaal GOUD en kry 86% by "Con Spirito"-redenaarskompetisie met die aanbieding van haar toespraak onder die ATKV-2019-tema "JOK"!

Nieke Botha, Gr.7, Sentrale Volkskool, Kroonstad redeneer haar pad oop tot in die ATKV-uitdunne met haar redenaarstoespraak onder die ATKV-2019-tema, "DANS"!

Zander Van Biljon, Gr.5 het 1ste plek verower met sy redenaarstoespraak onder die ATKV se 2019-tema “FRONS” by L/s Dr Havinga Roodepoort!

Gaan na bladsy 7 van die ererol vir redenaars wat raak praat!

Keer terug na Tuisblad