Vrywaring, terme en voorwaardes



Help asb om al ons maats se se alleenreg te beskerm, deur die volgende te onthou: Die toespraak is (en bly) die wettige eiendom van Raakpraat-Redenaars. Kopiereg word streng voorbehou. Dit is onwettig om die toespraak (of video/audio opname van aanbieding) te publiseer of te versprei. Dit is onwettig om die toespraak te gebruik, tensy jy in besit is van 'n geldige alleenregsertifikaat wat uitgereik is deur Raakpraat-Redenaars. Jou reg om die toespraak te gebruik verval aan die einde van die skooljaar waarvoor gebruiksreg bekom is. Jy kan nie jou reg om 'n toespraak te gebruik oordra na 'n volgende jaar, 'n ander skool of 'n ander persoon nie. *Laat weet asb as jy van skool verander, om duplisering te voorkom!


Sou enige een of meer elemente van hierdie dokument nietig verklaar word, bly die res daarvan steeds bindend.

Deur gebruik te maak van die dienste van Raakpraat Redenaars en of  Nicolaas Roos, vrywaar jy Raakpraat Redenaars, sy eienaar(s) en of werknemer(s) en Nicolaas Roos van enige eise en of vervolging vir skade. Dit sluit onder meer in:

Goeie nuus: Jy is geregtig om jou volle betaling terug te ontvang as jy 'n bewys van betaling het en 'n toespraak nie aan jou voorsien kan word nie. Maar: Jy onderneem om Raakpraat Redenaars nie aanspreeklik te hou vir enige SKADE wat direk of indirek mag voortspruit uit gebruik van dienste, plasing van bestelling(s), foutiewe bestelling(s), bestelling(s) wat nie nagekom word nie, bestellings wat nie betyds nagekom word nie, ontvang van epos, besoek en of interaksie met die webwerf (blog), skade wat direk of indirek mag voortspruit uit enige foute of misgissings of misverstande of enige aspek van 'n toespraak of as Raakpraat Redenaars in gebreke sou bly om produkte of dienste te lewer en of betyds te lewer nie. (Eenvoudige voorbeeld: As jy glo dat 'n redenaarsprestasie jou kanse sou verbeter om gekeur te word om medies te gaan studeer kan jy Raakpraat-Redenaars nie dagvaar vir verlies aan inkomste as jou bestelling per ongeluk nie deurgevoer word nie - Maar jy sal die volle bedrag wat jy betaal het vir 'n toespraak terugkry as die toespraak nie aan jou voorsien kan word nie)

Deur gebruik te maak van die toespraakdiens stem jy in dat enige regsgeding wat mag voortspruit verhoor sal word in 'n hof naaste aan Raakpraat Redenaars.

Jy kry vir die res van die betrokke skooljaar alleenreg op die gebruik van 'n nuwe toespraak, maar deur gebruik te maak van die dienste van Raakpraat Redenaars en of Nicolaas Roos onderneem jy dat jy Raakpraat Redenaars, sy eienaar(s) en of werknemer(s) en of Nicolaas Roos hoegenaamd glad nie verantwoordelik sal hou as jou alleenreg deur iemand geskend sou word nie, ongeag die skade wat jy direk of indirek mag ly. Laat weet asb so spoedig moontlik as skending van jou alleenreg wel sou plaasvind, sodat dringende stappe gedoen kan word om die skending te probeer omkeer of te probeer beperk.

NB: Jou reg om die toespraak te gebruik verval aan die einde van die skooljaar waarvoor dit gekoop is. Jy kan nie jou reg om 'n toespraak te gebruik oordra na 'n volgende jaar, 'n ander skool, of aan 'n ander persoon nie. (Laat weet betyds as jy gedurende die termyn van jou alleenreg van skool moet verander, sodat ek dit kan probeer akkomodeer)

Vir jou eie veiligheid: Skandeer dokumente wat aan jou ge-epos word met jou eie Antivirus program voordat jy dit oopmaak.

Die jongste pryse is op Raakpraat Redenaars se webwerf beskikbaar. Elders op die Internet mag verouderde advertensies met verouderde pryse voorkom wat ongelukkig nie meer geldig is nie.

Beskerming van persoonlike inligting? (POPI-wet)

Raakpraat-Redenaars verwelkom die POPI-wet en werk graag mee om jou te beskerm teen ongewensde bemarking en identiteitsdiefstal. Jou persoonlike inligting word NIE gebruik om jou vir bemarking te kontak nie, en word NIE met bemarkingsmaatskappye gedeel nie. Persoonlike inligting word gestoor en gebruik vir die toespraakdiens wat Raakpraat-Redenaars aan jou lewer: Vir die leerder se Lokale Alleenregsertifikaat, om seker te maak dat geen ander leerder in jou skool dieselfde toespraak mag gebruik nie – en om enige nodige stappe te neem om seker te maak jou alleenreg op gebruik van ‘n toespraak word beskerm. (In plaas van ‘n kind se naam, mag jy voorletters en van verskaf vir die Lokale Alleenregsertifikaat.) Jou eposadres word gebruik vir reëlings oor toespraak-bestelling, en ook om jou toespraak te stuur. Jou selfoonnommer word gebruik as verwysing by jou betaling, WANT as jou epos nie deurgaan nie, kan Raakpraat-Redenaars ‘n boodskap na jou selfoon stuur om te laat weet jou epos gaan nie deur nie, of jou eposadres is foutief. Jou selfoonnommer help ook om enige SMS-kommunikasie of WhatsApp-kommunikasie wat jy met Raakpraat-Redenaars mag voer met die regte bestelling te verbind. Vir enige navrae oor persoonlike inligting, epos Nicolaas Roos gerus by: redenaars@gmail.com

Baie dankie vir julle almal se vriendelike samewerking!

Raakpraatgroete,

Nicolaas Roos