SONVANGERS MET
GROEN VINGERS
Houtbruin, en
doodstil staan die sonvangers - met hulle Groen vingers:
Bome en plante
wat uit die grond opkom en lig van die son fotosinteer:
(Heiliger,
eintlik: FotoSAINTeer)
Die wonder van
kos uit lig gebeur:
sodat ons lewe
uit die verste hemel kan verteer.
Sodat ons die
onaantasbare lig versadigend kan verorber:
Tussen ons
vingers kan brokkel soos brokkolie; kan afskil soos piesang; kan proe soos
lemoen.
Jong
grasspriete sterf in die sappige fleur van hulle lewe, sodat kalwers kan wei en
gesonde, jong beeste kan word
wat geslag word
sodat ons kan
eet en leef – vreugdevol - met die lewenskrag wat plantlangs uit die verre
hemel van die son af na ons toe kom:
Lewenslig wat
die sonvangers met hulle groen vingers vasgevang het en losgelaat het in ‘n
voedselketting waaraan alle lewe anker.
Ons kry
versadigend deel aan die lig uit die hemel,
nie net aan
fotosinterende slaaiblare, of jonk-geplukte vrugte en jonk-ontrukte groente met
lewenssap in hulle nutriëntryke liggame nie, maar ook aan ryke vlees wat ons
laat wees: kinders van die lig wat uit die hoogste Hemel kom.
So kry ons deel
aan die lig. Deur die dood. En in die dood vind ons die lewe wat van die
ligbron; die son af kom met die oorsprong van alle lewe in hom.
Eet ons blare;
eet ons son!
Eet ons vrugte,
eet ons van hom.
Eet ons vlees;
eet ons eweneens lewe uit lewe uit lig.
Ons lewe uit
lig.
Tot ons
terugkeer na Hom. Die ware bron. Die Lig wat uit die Hoogste hemel kom.
Die namaal wat
die dag laat breek.
Heel.
Stukkend, ja.
Maar HEEL.
Houtbruin en
doodstil staan die kruis wat hemel-toe wys.
Die Lig het
gekom en die lewe was in Hom.
IS in Hom.
Is in ons wat
wag dat die Lig ons moet wegdamp
Maar tot dan
Is ons deel van
die ketting wat lewe moet anker aan die lig wat uit die hemel kom.
-nicolaas roos