Raad met die aanbieding van jou toespraak

Raakpraat-Redenaars se nuwe web-adres is:

Raakpraat.com



As kinders toesprake aanbied, dink hulle maklik hulle "speel nou die rol van 'n grootmens." En dit is 'n fout. Ons wil nie 'n grootmens in 'n kinderlyf hoor nie: Ons wil 'n kind hoor! Onthou om die toespraak as 'n "tiener" aan te bied en moenie probeer om soos 'n grootmens of politikus te klink nie. Onthou, jy is 'n TIENER wat jou maats en grootmense wil oortuig van jou standpunt as kind: Uit die oogpunt van 'n kind. Pasop vir sinne wat "te volwasse" klink. Daar is 'n fyn lyn tussen 'n "slim kind" en 'n "klein grootmensie."